Country in Afrikaans (CiA) Pieta Venter Uitgewerswese

Vervaardig oorspronklike Afrikaanse liedjies in moderne country-melodies met Nashville klanke.

 
Country in Afrikaans en Pieta Venter Uitgewerswese
Country in Afrikaans (CiA) is ’n musiek styl waar moderne Country-musiek in Afrikaans geskep word. Ons fokus op oorspronklike liedjies met ’n internasionale klank, melodieus en vol storie. Van intieme akoestiese sessies tot energieke verhoogoptredes, bring ons ’n unieke Country-ervaring na feeste, funksies en spesiale geleenthede. Benewens "live" ver-tonings bied ons ook professionele liedjie-skryf en musiekproduksies aan, asook be-sprekings en promosiepakkette wat jou geleentheid help uitstaan. As jy op soek is na vars, egte country in jou moedertaal, is jy op die regte plek. Pieta Venter is 'n voltydse onaf-hanklike, selfgepubliseerde musikant, sanger, liedjieskrywer, musiekvervaardiger, en Uitgewerwat woonagtig is in Hibberdene op die Suid Kus van KwaZulu-Natal in Suid Afrika. In 2015 het hy sy sang loopbaan afgeskop en tot en met 2020 het hy sewe albums opge-neem en vrygestel waar daar onlangs meer as 140 nuwe liedjies op meeste van die digitale musiek platforms wêreldwyd geloots was. As solo-kunstenaar, musikant en sanger be-meester sy stem nie net Country-musiek nie, maar ook 'n verskeidenheid van 70's, 80's, Reggae en Afrikaanse Sokkie-musiek genres en vermaak hy die publiek van verskillende ouderdoms-groepe en verskeie gehore. As Liedjieskrywer skryf hy ook self nuwe materiaal vir ander sangers en skep modules vir hulle administrasie. Pieta Venter Uitgewer sorg dat alle nuwe materiaal wat vervaardig word vir beide homself en vir ons cliente behoorlik gelisensieerd en geregistreer word by RiSA, Samro, Sampra en Capasso asook die  indiening van nuwe werke by SABC se radio en TV biblioteek. Verder administreer ons ook die tantieme van die regtehouers, wat uitbetaalbaar is.

Lewendige Optredes

Energieke "live" country-vertonings in Afrikaans vir feeste, troues en korporatiewe funksies met ’n repertoir wat jou gehoor betrek.

Liedjieskryf

Oorspronklike liedjies wat jou storie vasvang van persoon-like temas tot kommersiële projekte met ’n moderne musiek gevoel.

Musiekproduksie & Promo-pakkette

Professionele opname, produksie en promosie-ondersteuning, plus bespre-kingspakkette wat jou geleentheid of vrystelling laat uitstaan.



  • KwaZulu-Natal, South Africa
  • 4186